Bladsy bekyk

Tuesday 18 September 2012

STRUKTURE vervolg





Oral om ons is ons bewus van die selfoontorings en amper elkeen van ons is afhanklik van daardie selfoontorings, omdat meeste mense vandag in besit is van 'n selfoon. Ons elkeen gebruik dit vir verskillende doeleindes, van bel, sms'e stuur, foto's neem, eposse stuur en die internet. 

Ek is een van die persone wat al gewonder het oor die oprigting van selfoontorings en baie leerders het ook al gekom met die vraag oor hoe dit op gerig word. Dus het ek dit goed gedink om 'n video by te voeg oor hoe dit gedoen word.

STRUKTURE

In vandag se lewe speel selfoontorings 'n baie belangrike rol. In graad 7 behandel die leerders selfoontorings as hulle struktuur. Tydens die leereenheid moet leerders goed gaan uitvind oor die oprigting van selfoontorings en watter gevare dit vir die omgewing en die gemeenskap inhou.

Hier is 'n interessante video oor die gevare wat dit inhou.

Wednesday 12 September 2012

HIDROLIESE STELSELS

Hidroliese stelsels kan gebruik word om die werking van masjienerie te vergemaklik. Die oomblik wat krag op een ding uitgeoefen word het dit 'n invloed op 'n ander ding. Hier is 'n voorbeeld van hoe krag uitgeoefen word op die een kant en dit dan 'n uitwerking het op die ander kant.